Blog Archives

Quote

If nothing but …

If nothing but ill your lips does fall, rather let there be nothing from them at all

sjoe my beste maatjie Jeanne gaan NZ toe verhuis , ek is so bly vir haar maar ek gaan haar mis …nie mis soos mens iemand mis as jy na hom skiet nie , mis soos in , in jou hart en jou hartjie raak seer, seer soos toe ons van Pretoria Kaap toe getrek het , maar dankie tog vir vandag se tegnologie want mens kan skype en Facetime en ai ai ai e-pos stuur ,

ek het sulke wonderlike vriende op youtube gemaak , sjoe ek kan nie glo dat ek al 247 subbies het en hulle my videos al 44400 keer gekyk het nie .

as iemand dalkies wil gaan loer , ek is Mieliefishify op  youtube , http://www.youtube.com/user/mieliefishify/videos?view=0

 

ek geniet dit baie en het die wonderlikste mense ontmoet .

met net die druk van `n knoppie kan ek met my vriende gesels en ook sien wat in hulle wereld aangaan , miljoene kilometers hiervandaar , hoe awesome is dit net nie ?

 

ek het ook weer nuwe kaartjies gemaak , dit het so pragtig uitgekom en ek is dankbaar vir al die wonderlike geskenke wat ek vir my verjaarsdag gekry het . voel baie blessed .

 

ek mis my ma

 

vandag toe my skoonma bel besef ek hoe wonderlike mens sy is om my so onvoorwaarlik lief te he , mens kry dit nie aldag dat skoonmas van skoondogters hou nie xx

 

ai ek kan nie nou slaap nie , my liefie het my so lekker vasghou nou nou en ai ai sy soentjies so oral in my nek en my gesig , ai toggie , dit laat nou regtig `n vrou se eierstokke knoop , mens sou dink na tien jaar sou die soentjies nie so soet wees nie maar ai ai dit was totally awesome .

Ek het die 50 shades of grey boeke begin lees, liefie vir my al drie begin kry , so ja , voor die blog inskrywing soos een van die bladsye in daai boek klink en te veel informasie hier uit laat lek oor “rubbing uglies” en ander goete laat ek dit maar daar laat , *giggles *

 

Ek moet nou regtig vir Jeanne mailies tik anders gaan ek nie kan slaap vanaand nie en oops dit is al sowaar oor vier minute twaalfuur , ai waar gaan die tyd heen.

 

gelukkig het ek wasgoed gedoen , of die meeste van dit, liefie het die laaste bondel vir my opgehang en dit is so sweet van hom , ek het darem meeste van die sitkamer aan die kant en al die hobby goed weer terug in die hobby kamer gebere , sjoe maar die plek is deurmekaar .

 

ek voel darem beter as wat ek vroeer gevoel het , maar hoe se ek en Madeleine altyd , as die lewe jou druk , klim op `n tamatie kassie en druk terug . haha

 

 

 

Advertisements